Betogers keer dat buitelanders hospitaal besoek

Deel hierdie storie / Share this story

Vir die afgelope paar weke is buitelanders en mense wat vermoedelik buitelanders is deur betogers gekeer om die Kalafong-hospitaal binne te gaan.

Lede van Operasie Dudula in Tshwane betoog van 4 Augustus by die hospitaal en eis dat die hospitaal moet ophou om buitelanders te behandel en aan te stel om daar te werk.

Woordvoerders van Operasie Dudula het gesê hulle het ‘n toeloop van buitelanders in die hospitaal gesien en dit is die rede hoekom hulle daar betoog.

Die hospitaal het Vrydag ‘n interdik teen die betogers gekry, maar die betogers het gesê hulle het geen regsdokumente ontvang nie en dus gaan hulle voort met hulle protes.

Bronne: Sowetan LIVE, IOL

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Direkteur-generaal in KwaZulu-Natalse premierskantoor in hegtenis geneem