Die Valke het die direkteur-generaal, Nonhlanhla Mkhize, in die KZN-premierskantoor, Maandagoggend gearesteer.
Die arrestasie vorm deel van die Mhlathuze Water Board-bedrogondersoek van R40 miljoen.
In 2019 het die openbare beskermer bevind dat Mkhize oneties opgetree het in verband met ‘n 2013-tender vir ‘n gedenkdiens vir oud-president Nelson Mandela.
Busisiwe Mkhwebane het die destydse KZN-premier Sihle Zikalala aanbeveel om teen Mkhize op te tree.
Dié verslag is egter deur die hooggeregshof in KwaZulu-Natal tersyde gestel.
Bronne: eNCA, Times LIVE
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.
Lees ook: Man dagvaar PwC na hy helfte van sy skedel verloor na werksuitstappie



