Een van die regsfirmas wat gehelp het om Ghislaine Maxwell te verdedig, het haar, haar broer en haar man gedagvaar vir uitstaande fooie van meer as $878 000.
In die regsgeding het die firma (Haddon, Morgan and Foreman) gesê dat hulle Maxwell in 2015 begin verdedig het nadat Virginia Giuffre haar gedagvaar het. Maxwell is in Desember 2021 skuldig bevind en 20 jaar gevangenisstraf opgelê en $750 000 beboet.
Die regsgeding beweer dat Maxwell haar broer in beheer gesit het om haar regskostes te betaal, maar hy het glo net ‘n deel van wat sy skuld aan hulle betaal.
Die firma wou glo die regsgeding onttrek, maar haar broer het die onttreking teengestaan en gesê dat hy hulle sal betaal.
Bronne: The Guardian, ABC, CNN
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.
Lees ook: Man dagvaar PwC na hy helfte van sy skedel verloor na werksuitstappie



