Man dagvaar PwC na hy helfte van sy skedel verloor na werksuitstappie

Deel hierdie storie / Share this story

Die ouditeursfirma, PricewaterhouseCoopers (PwC), word deur ‘n VK-werknemer gedagvaar nadat hy die helfte van sy skedel verloor het tydens deelname aan ‘n werksuitstappie waar daar baie gedrink is.

Michael Brockie het glo PwC gedagvaar vir nalatigheid nadat hy ‘n breinbesering opgedoen het en in ‘n mediese koma geplaas is in 2019. Hy het glo na die uitstappie geval.

Die regsgeding beskryf dat die werknemers by PwC se kantoor in Reading, Engeland, aangemoedig is om na die werksuitstappie te gaan waar hulle by nege verskillende kroeë gegaan het en “gedwing” is om ‘n spesifieke drankie te drink.

Werknemers wat die drankie die vinnigste gedrink het in die minste slukke het glo die beste punte gekry.

Brockie het so dronk geraak dat hy nie onthou wat gebeur het na 10:00 in die aand nie en hy is in die straat gevind met ‘n ernstige kopbesering na hy glo geval het. Die helfte van sy skedel moes verwyder word en hy kon eers ses maande later terugkeer werk toe.

Die regsgeding beweer dat die werknemers onder baie druk was om na die uitstappie te gaan en om aan die drinkkompetisie deel te neem.

Bronne: The Guardian, Washington Post

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Verwag binnekort nog ‘n Covid-19-vlaag – kenner