Aktrise Charlbi Dean (32) sterf

Deel hierdie storie / Share this story

Die aktrise Charlbi Dean van Triangle of Sadness is op die ouderdom van 32 oorlede.

Dean is oorlede nadat sy glo skielik siek geraak het terwyl sy in New York-stad was.

Dean is gebore en het grootgeword in Kaapstad en het op twaalf ‘n model geword. In 2010 het sy ‘n rol in die film Spud saam met Troye Sivan losgeslaan.

Sy was daarna vanaf 2018 ‘n ster in die CW-reeks Black Lightning.

Bronne: IOL, eNCA

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Meghan Markle beweer Britse media noem haar kinders die n-woord