Prinses Diana is vandag 25 jaar gelede in ‘n motorongeluk in Parys, Frankryk, oorlede.
Diana het in 1981 deel geword van die Britse koninklike familie toe sy met die troonopvolger, prins Charles, getroud is. Hulle was tot 1996 getroud. Twee seuns, prins William en prins Harry, is uit die huwelik gebore. Die seuns was maar onderskeidelik 15 en 13 jaar oud ten tye van hulle ma se dood.

Foto: Reader’s Digest
Diana was 36 jaar oud toe sy op die noodlottige aand van 31 Augustus 1997 saam met haar kêrel, Dodi Fayed, die Ritz-hotel verlaat het. Hy was die seun van die eienaar van Londen se bekende Harrods, Mohamed Fayed.

Fotokrediet: Pinterest
Die paartjie was saam met die bestuurder, Henri Paul, in die motor, toe hulle deur verskeie fotograwe en joernaliste agtervolg is. Die motor het teen ‘n betonversperring in die Pont de Alma-tonnel gebots. Diana is oorlede van ernstige beserings wat sy opgedoen het. Die ander twee insittendes van die motor het ook in die ongeluk omgekom.

Fotokrediet: Cosmopolitan



