Twaalf ‘zama-zamas’ aangekla van moord en aanranding

Deel hierdie storie / Share this story

Die polisie op Randfontein het twaalf “zama-zamas” gearresteer nadat hulle ‘n oproep ontvang het oor ‘n saak van “vigilantisme”.

Die polisie het op die toneel gevind dat twee mense aangerand word deur ‘n groep vermoedelik onwettige myners.

Die twee slagoffers is daarvan beskuldig dat hulle vroeër die oggend ‘n ander onwettige myner doodgeskiet het.

Die twaalf mense is gearresteer. Twee is aangekla van moord en die ander tien van aanranding. Hulle gaan ook ondersoek word deur die departement van binnelandse sake omdat hulle glo onwettig in die land is.

Hulle sal binnekort in die Randfontein-landdroshof verskyn.

Bronne: Daily Sun, The CItizen

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: ‘Ek sal die suurstofmasjien van ‘n buitelander afsit om ‘n Suid-Afrikaner te red’ – Gayton McKenzie