Vermiste Duitser se liggaam na 32 jaar op Switserse gletser gevind

Deel hierdie storie / Share this story

Die liggaam van ‘n vermiste Duitser wat in 1990 verdwyn het, is naby Zermatt in Switserland gevind.

Bergklimmers het sy liggaam en klimtoerustig verlede maand op die Stockji-gletser gevind. DNA-toetse is gedoen en die man se identiteit is as Thomas Flamm (27) bevestig.

Flamm het in Augustus 1990 verdwyn toe hy alleen gaan stap het tydens ‘n bergtoer in die Valais Alpe.

Die toer het by Mont Blanc in Chamonix, Frankryk begin en was veronderstel om in Domodossola, Italië, te eindig, maar Flamm het nooit daar uitgekom nie.

Flamm se laaste kommunikasie was met sy ma op 1 Augustus 1990 en drie dae later het sy hom as vermis aangemeld.

Dit is onduidelik wat gebeur het, maar die polisie kon nooit sy liggaam kry nie en teen die einde van die jaar het hulle die soektog gestaak.

Die polisie het nou in ‘n verklaring gesê Flamm se dood was “duidelik ‘n ongeluk” en die saak is afgehandel.

Bronne: DW – South Africa, Indian Express     

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Droogte lê Nazi-wrakke van die Tweede Wêreldoorlog in Serwië bloot