Ontvoerde buitelander steeds vermis

Deel hierdie storie / Share this story

Die buitelander wat Vrydag in Mitchells Plain ontvoer is, is steeds vermis.

Aktar Prodhan (37) ‘n Bangladesh-winkelbestuurder, is Vrydag laatmiddag ontvoer deur mense wat hul vermoedelik voorgedoen het as verkeersbeamptes.

Prodhan was glo op pad huis toe toe hy deur die “verkeersbeampte” gestop is. Hy is glo uit sy motor forseer en met ‘n vuurwapen gedreig.

Op ‘n video wat op sosiale media versprei word, kan gesien word hoe Prodhan op die agtersitplek gedruk word.

Volgens AO Joseph Swartbooi, polisiewoordvoerder, het die voorval omstreeks 18:00 plaasgevind.

Die polisie ondersoek ‘n saak van ontvoering.