Ongeveer ‘n jaar na die tragedie waartydens die drie Dickason-dogtertjies in Nieu-Seeland gesterf het, is hul pa, Graham Dickason, terug in Suid-Afrika. Hy het sy drie dogters se as saam met hom gebring, berig Huisgenoot.
Die drie dogtertjies, Liane (6) en die tweejarige tweeling Maya en Karla, is na bewering in September 2021 deur hul ma, dr. Lauren Dickason, vermoor.
Lauren is sedert die inhegtenisneming in die Hillmorton-hospitaal. Haar verhoor begin in Julie 2023.

Fotokrediet: Facebook




