Polisie bevestig Kby-man se dood

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Kimberley-inwoner is vanoggend in Armstrongstraat in Verwoedpark doodgeskiet.

Kapt. Tessa Jansen, polisiewoordvoerder, sê die polisie het vanoggend ‘n oproep ontvang oor ‘n skietvoorval wat in die area plaasgevind het.

Met die polisie se aankoms op die toneel is ‘n wit Chevrolet Utility-bakkie op die sypaadjie, met verskeie koeëlmerke, aangetref.

“Lede het ‘n volwasse man, ongeveer 43 jaar oud, in die bestuursitplek in die bakkie gekry. Hy is op die toneel deur nooddienste dood verklaar.”

Kapt. Jansen sê die polisie ondersoek nou ‘n moordsaak en enigiemand met inligting kan die ondersoekbeampte by 082 302 0407 kontak.