Drie gesondheidswerkers in Senegal is in hegtenis geneem vir manslag na ‘n ma en baba tydens geboorte in die Kédougou-hospitaal oorlede is.
Die besluit om die ginekoloog, narkotiseur en verpleegster te arresteer, word gekritiseer omdat daar reeds so min gesondheidswerkers in die area is.
Gesondheidsbase het gesê hulle moet vrygestel word sodat hulle kan aanhou werk.
Die ondersoek aangaande die dood van die ma en baba is steeds aan die gang.
Bronne: IOL, The Maravi Post
Lees ook:SA mediese liggame veroordeel inhegtenisneming van dokter na pasiënt sterf
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel. Adverteer by FiND iT.




