Ben Booysen, voormalige polisiekaptein wat die Krugersdorp-moorde, waarby die Electus per Deus-groep van Devilsdorp betrokke was, ondersoek het, het die volgende plasing op sy Facebook-blad gemaak:
“Neem asb. kennis almal!!! Hierdie campaign onder my naam het vandag onder my aandag gekom.
DIT IS BOG EN NIEMAND MOET ASB GELD BETAAL NIE!!!!
Ek het niemand toestemming gegee of gevra om ‘n fonds te stig nie.
Die groep Electus per Deus en aanhangers is duidelik nog nie klaar met my nie, maar ek is ook nie klaar met hulle nie, so wees gewaarsku … I AM COMING FOR YOU TOO!!!
As die beste foto wat jy kan kry ‘n screenshot is van ‘n onderhoud op TV sal dit nie moeilik wees om jul op te spoor nie.
P.S. Suncity het nog plek gereserveerd vir julle”
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



