Jonge here, ma’s, oumas, vriende en vriendinne, skud op en help om die twee dames aan die regte vriende voor te stel.

Die aansoekvorm is hier beskikbaar:
https://docs.google.com/forms/d/e/1FAIpQLSeebjM6fVcOtkdK0ZURXFnsZWkmjSqF_ZbmC7IB4S0jMB88PA/viewform
Die aansoekvorm is volledig en kreatiwiteit sal bonuspunte aan aansoekers besorg.
Onthou boerseuns kry dubbelpunte.
Jy kan ook ‘n DM stuur indien jy nie die aansoekvorm kan invul nie.
So as jy kan sokkie, spesiale talente of party tricks het, jou pick-up line goed is, jou most-played liedjie kan verskaf tesame met voorkeure van drinkgoed, braaibroodjie, voertuie en sport, staan jy dalk ‘n kans om hierdie twee dames na ‘n troue te vergesel.
Janke Mulder (26) en Marunelle Hitge (27) het op 29 Augustus ‘n advertensie op hul Facebook-blaaie gedeel en mekaar daarop ingesluit.
Janke het spottendergewys aan Marunelle gevra: “2022 is ‘n skrikkeljaar nè?”
Intussen is hul advertensie 153 keer gedeel en ‘n paar berigte het gevolg.
Marunelle het drie dae gelede gereageer met ‘n plasing: “Net vir die rekord: ons gaan definitief nie meer met ‘n besemstok hoef te dans nie.”
FiND-iT Nuus sal dophou of die twee wel ridders het wat hul na die troue in November in die Jakarandastad kan vergesel.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



