Man dood toe motor teen boom bots

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Man is Sondag dood toe sy voertuig teen ‘n boom langs die M3 op pad na Muizenberg in Tokai, Wes-Kaap, gebots het.

ER24 sê paramedici en die Wes-Kaapse metro het om 07:00 op die toneel aangekom waar die motor teen die boom gebots het.

Die bestuurder was in die wrak vasgevang. Hy is dood verklaar nadat hy uit die wrak bevry is.

Plaaslike owerhede ondersoek die voorval.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel