Man (32) vas na hy glo meisie (17) en ouma vermoor

Deel hierdie storie / Share this story

Die polisie op Ermelo het Maandag ‘n 32-jarige man in hegtenis geneem vir die vermeende moord op sy 17-jarige meisie en haar ouma op Emadamini.

Brig. Selvy Mohala, polisiewoordvoerder, sê die ouma en tienermeisie se lewelose liggame is Maandag deur bekommerde kollegas en familie in die gesin se huis ontdek.

Familielede het Maandagaand omstreeks 18:00 by die huis ingebreek om toegang te verkry. Beide die ouma en die tienermeisie het wonde aan hul koppe gehad en hulle liggame was in komberse toegedraai.

Die verdagte is deur gemeenskapslede vasgetrek en vanoggend om 02:00 aan die polisie oorhandig.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel