Mej. Mnr. en Mev. Dowe Suid-Afrika (MDSA) se 2022-titelhouers aangewys

Deel hierdie storie / Share this story

Op 3 September 2022 is MDSA se krone, toekennings en titels vir hierdie gesogte kompetisie onder die gemeenskap vir dowes by The Playhouse Company in Durban toegeken.

Fotokrediet MDSA

Die titelhouers is soos volg:

Mejuffrou-kategorie:

Wenner: Kereese Kuppan – 25 jaar oud van Johannesburg

1ste prinses :  Logan Raasch – 21 jaar oud van Queenstown

2de prinses: Sasha Cochran – 24 jaar oud van Pretoria

Fotokrediet MDSA

Mevrou-kategorie:

Wenner: Annamarie Matthysen – 38 jaar oud van Pretoria

1ste prinses: Vijaya Nair – 47 jaar oud van Richardsbaai

2de prinses: Sylvia Mojanko – 42 jaar oud van Johannesburg

Fotokrediet MDSA

Meneer-kategorie

Wenner: Christo Lourens – 32 jaar oud van Kaapstad

1ste opvolger: Akhil Singh – 23 jaar oud van Durban

2de opvolger: Faeem Karodia – 36 jaar oud van Johannesburg

Fotokrediet MDSA

Liefdadigheidstoekenning:

Mejuffrou: Kereese Kuppan

Meneer: Christo Kris Lourens

Mevrou: Annamarie Matthysen

Peroonlikheidstoekenning: (verkies deur alle finaliste nadat hulle ‘n publisiteitsweek saam deurgebring het)

Mejuffrou: Kereese Kuppan

Meneer: Akhil Singh

Mevrou: Vijaya Nair

Fotogeniese toekenning:

Mejuffrou: Janica Louw

Meneer: Vincent Magwanyana

Mevrou: Mapz Patz Mdlalose

Publieke keuse-toekening:

Mejuffrou: Kereese Kuppan

Meneer: Faeem Karodia

Mevrou: Vijaya Nair

Om ‘n titelhouer vir ‘n optrede te bespreek, of om ‘n handelsmerkambassadeur te wees, kontak asseblief MDSA [email protected].

Lees die volledige verklaring deur Janice Jonker, hoof- uitvoerende beampte van MDSA (Mej., Mnr. & Mev. Dowe Suid-Africa NWO) hier:

“Hierdie kompetisie is nie ‘n tipiese skoonheidskompetisie nie, met ‘n groter persentasie van ons beoordeling wat voltooi is voordat die beoordelaars selfs die pragtige deelnemers gesien het. MDSA beklemtoon voorspraak vir die dowe gemeenskap deur hierdie kompetisie. MDSA bevorder selfvertroue by deelnemers en poog om hulle deur ons inisiatiewe tot prestasie te dryf. ‘n Kragtige voertuig wat ons gebruik om hul kommunikasie-, leierskap- en interaksievaardighede te bou, is deur publisiteitsweek, ten volle geborg deur ons gasheerborg Tourism Friendly en vanjaar 30 maatskappye onder hul vaandel. Ons deelnemers word inderdaad voorberei om die leiers van môre vir die dowe gemeenskap te wees.”

Die 2021-titelhouers, Megan Holmes (Mev. Dowe SA 2021) Chanika Viljoen (Mej. Dowe SA 2021) en Darren Archer (Mnr. Dowe SA 2021) het hul opvolgers aan die einde van hul bewindsjaar by die afsluiting van die geleentheid gekroon.

Ander hoogtepunte van die ervaring sluit in dat finaliste, onder die vaandel van Tourism Friendly en MDSA, ‘n sosialemediareikwydte van 2,5 miljoen vir borge van die geleentheid gehad het.”

Faeem Karodia het die sosialemedia- spesiale toekenning gewen. Die wenner het weggestap met pryse ter waarde van R20 000.

“Mej,, Mnr. en Mev. Dowe Suid-Afrika (MDSA) is ‘n nie-winsgewende organisasie waarvan die missie is om inisiatiewe te begin wat fokus om die dowe gemeenskap te bemagtig. Hierdie nalatenskapinisiatief dien om die stem van die dowes te versterk in die vorm van ‘n jaarlikse MDSA-kompetisie wat die finaliste in staat stel om ‘n transformasiereis deur leierskapontwikkeling, persoonlike ontwikkeling en vaardigheidsontwikkelingsprogramme te ervaar.

Sedert Julie 2018 word MDSA suksesvol bestuur deur ‘n 80% dowe direkteurskap – Janice Davies Jonker (uitvoerende hoof), Jean-mari Cornelius (finansies), Andre Chetty, Coreza Buys en gehoordirekteur Nelius du Preez.

MDSA het sedert 2018 ‘n #NewEra aangepak, en ons is trots om aan te kondig dat ons borglys baie uitgebrei het.”

MDSA wil alle wenners gelukwens, aangesien die reis wat voorlê een van ernstige transformasie gaan wees en aan al die finaliste wat deelgeneem het: Ons hoop om julle volgende jaar te sien.

Vir meer inligting, besoek asseblief ons Facebook-bladsy: https://www.facebook.com/mdsapageant/

FiND iT Nuus wens elke waardige wenner gelukwensinge toe.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel