Nando’s stel ‘Extra Hot’ termochromiese modereeks bekend

Deel hierdie storie / Share this story

Nando’s is deesdae nie net meer bekend vir hoender nie.

Hulle skerp, tong-in-die-kies advertensies sorg vir groot vermaak onder Suid-Afrikaners.

Fernando Duarte en Robert Brozin, stigters van Nando’s in Suid-Afrika, het 35 jaar gelede die kos-handelsmerk wat in hoender, Portugese disse en peri-peri spesialiseer, plaaslik bekend gestel.

Dit is egter nie langer die geval dat hulle net kos vir die publiek aanbied nie.

Luke Daniel, van Business Insider South Africa het lig gewerp op hierdie nuwe sakekant van die gesogte hoenderrestaurant.

“Nando’s het onlangs sy “Extra Hot”-modereeks, met hemde, sokkies en emmerhoede, bekendgestel. Die klere, gemaak met termochromiese kleurstof, verander kleur volgens die draer se wisselende liggaamstemperatuur. Ten spyte daarvan dat Nando’s in Suid-Afrika gestig is, word hierdie klerereeks net in die Verenigde Koninkryk verkoop en dit word vinnig uitverkoop.”

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel