Aktrise Jane Fonda begin chemo na kankerdiagnose

Deel hierdie storie / Share this story

Die bekende aktrise Jane Fonda het Vrydag bekendgemaak dat sy met ‘n “baie behandelbare” soort kanker gediagnoseer is en chemoterapie begin het.

Die 84-jarige Fonda, wat hierdie jaar in die finale seisoen van Grace and Frankie op Netflix gespeel het, het haar diagnose met limfoom in ‘n Instagram-plasing gedeel.

“Dis ‘n baie behandelbare kanker. 80% van mense oorleef, so ek voel baie gelukkig,” het sy geskryf.

Sy het ook genoem sy voel gelukkig omdat sy ‘n mediese fonds het en toegang tot die beste dokters en behandeling het.

Fonda werk al vir meer as ses dekades in die film- en televisiebedryf en het Oscar-toekennings vir rolle in films soos Klute en Coming Home ontvang.

“Ek gaan vir ses maande chemo kry en ek hanteer die behandeling goed.”

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel