‘n Privaat Cessna-vliegtuig het onder vreemde omstandighede in die Baltiese see neergestort.
Nato-stralers is gestuur om die vliegtuig te volg op sy onsekere vlug wat in Suid-Spanje begin het.
Die vlug, met vier mense aan boord, was veronderstel om in Keulen, Duitsland, te land, maar het na die Baltiese see gevlieg.
Die Nato-vlieëniers kon niemand in die vliegtuig se kajuit sien wat die vliegtuig stuur nie en die lugverkeerbeheerders kon nie die vliegtuig se bemanning in die hande kry nie.
Reddingspanne het kort na die ongeluk op die tonneel aangekom, maar nog geen mense of liggame is gevind nie.
Die Duitse koerant Bild het berig die vliegtuig het glo ‘n probleem met kajuitdruk rapporteer na hulle opgestyg het. Kontak is net daarna verloor.
Swede se soek-en-reddingsoperateur, Lars Antonsson, het gesê die vliegtuig het neergestort toe die brandstof opraak en hy vermoed die mense aan boord van die vliegtuig was “duidelik onbevoeg”.
Bronne: The Mirror, BBC
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.
Lees ook: Kyk: Wêreld se vinnigste haai spring op boot, vissermanne skarrel weg



