Elf mense dood in ongeluk

Deel hierdie storie / Share this story

Elf mense is Sondagmiddag dood toe twee ligte motorvoertuie op die N14, ongeveer 21 km buite Kuruman, gebots het.

ER24-paramedici en die provinsiale EMS is om 16:50 na die toneel ontbied waar hulle die twee verwoeste voertuie in die middel van die pad gevind het.

Stukke van die voertuie was oor die toneel versprei. By nadere ondersoek het medici een man gevind wat buite die een voertuig gelê het.

Tien ander insittendes was glo in die motors vasgekeer, vyf in elke voertuig.

Medici het die beseerdes behandel en gevind dat al elf reeds aan hul beserings beswyk het.

Niks kon vir hulle gedoen word nie en hulle is dood verklaar.

Die presiese besonderhede oor hierdie ongeluk is onbekend, maar plaaslike owerhede was op die toneel vir verdere ondersoeke.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel