Kyk: Wêreld se vinnigste haai spring op boot, vissermanne skarrel weg

Deel hierdie storie / Share this story

Die vissermanne moes omtrent hardloop vir hulle veiligheid toe die wêreld se vinnigste haai op hulle boot spring.

Die mans het gestaan en kyk hoe ‘n “shortfin mako” haai in die lug spring in Massachusetts. Een van die mans het sy visstok gebruik om die haai te probeer vang terwyl dit probeer wegkom het.

Binne sekondes het ‘n ander haai op die boot gespring, in die mans vas, en hulle het baie gou probeer wegkom, alhoewel die haai op een van hulle se voete geland het.

Die maatskappy wat die boot besit, het bevestig niemand het seergekry nie en die haai is vrygelaat terug in die see.

Bronne: Daily Mail, The Sun

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: ‘Influencer’ word ondersoek na sy glo witdoodshaai eet in video