Aand met Ivan Roux en Theané Willemse

Deel hierdie storie / Share this story

Theané Willemse, mej. Teen Universe Suid-Afrika, hou vanaand ‘n spoggeleentheid in Kimberley in die Noord-Kaap, waar Ivan Roux saam met die modelle van die Vogue-modelskool, gaan optree.

Theané self gaan die gehoor by die Horseshoe Motel, waar die glansgeleentheid gehou word, met ‘n dans vermaak. Sy het ook die ander modelle afgerig om danse op te voer.

Die aand beloof ‘n modeparade, ‘n toespraak deur dr. Zamani Saul, die premier van die Noord-Kaap, en Theané self spreek ‘n paar woorde van dankbaarheid en oor haar reis wat voorlê.

https://youtu.be/UzNEvQZvWcY

Theané neem in November deel aan die ms. Teen Universe in Miami en dié geleentheid se fondse dra by tot haar kostes.

Jy kan Theané volg op haar Instagramblad hier of haar TikTok hier. As jy wil betrokke raak by Theané se reis en aanboord kom as ‘n borg, kontak [email protected].

Kyk hier na ‘n live stream van vanaand se geleentheid, wat om 18:30 begin. As jy die live stream nie hier sien nie, klik hier vir You Tube en klik hier vir TikTok.