Die kabinet het die vervanging van die huidige bestuurslisensiekaart goedgekeur na een met veiliger ontwerpkenmerke.
Donderdag het die kabinet ‘n verklaring vrygestel om te sê dit raak te duur om die huidige stelsel, wat al vanaf 1998 in werking is, en infrastruktuur in stand te hou, .
Fikile Mbalula, minister van vervoer, het in Februarie vanjaar aangekondig die departement beplan om die nuwe bestuurslisensiekaarte van Oktober 2023 af in te stel.
Mbalula het ook gesê die huidige kaart sal oor ‘n tydperk van vyf jaar uitfaseer word en die regering beplan glo om die hernuwingstydperk van die kaarte na tien jaar te verleng.
Bronne: Mossel Bay Advertiser, SA News, SA People
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.
Lees ook: SA mediese liggame veroordeel inhegtenisneming van dokter na pasiënt sterf



