‘Influencer’ word ondersoek na sy glo witdoodshaai eet in video

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Beïnvloeder (influencer) in China word ondersoek nadat sy ‘n video op sosiale media gedeel het waarin sy glo ‘n witdoodshaai eet.

Die video wys hoe die “influencer”, genaamd Tizi, ‘n 50 kg vis, wat sommige glo ‘n witdoodshaai kan wees, eet en in Mandaryns sê: “Dis so lekker”.

In die video lê Tizi langs ‘n vis wat baie lyk soos ‘n haai voordat sy dit opsny en braai. Sy eet dan aan die einde die stertgedeelte van die vis.

Mense wat die video gesien het, het haar rapporteer omdat hulle vermoed die vis is eintlik ‘n witdoodshaai wat ‘n bedreigde spesie is.

Die saak word glo nog ondersoek, alhoewel Tizi die aantygings ontken.

Bronne: Business Insider, Daily Star

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: 8-jarige deur drie haaie aangeval tydens vakansie