‘n Man in Spanje wat verlam is nadat hy tydens ‘n polisieskietery geskiet is toe hy sy kollegas geskiet het, is genadedood toegestaan voordat hy in die hof kon verskyn.
Marin Eugen Sabau (46) het drie van sy voormalige werkskollegas en ‘n polisieman in Desember verlede jaar in Tarragona geskiet. Hy is verlam gelaat. Een van sy bene is geamputeer en volgens hom was hy in chroniese pyn.
Hy het gevra dat hy eerder doodgemaak word as wat hy in ‘n hofsaak moet verskyn. Die howe het sy versoek goedgekeur ten spyte van sy slagoffers se pleidooie dat hy aangekla moet word in die hof.
Bronne: BBC, Daily Mail
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.
Lees ook: Passasiers vir ure lank in tonnel tussen VK en Frankryk gestrand



