Passasiers vir ure lank in tonnel tussen VK en Frankryk gestrand

Deel hierdie storie / Share this story

Dosyne passasiers was vir omtrent vyf ure gestrand toe ‘n Eurotunnel-trein Dinsdag onder die Engelse kanaal gestop het.

Die operateur het gesê die trein se alarms het afgegaan en die trein is gestop om uit te vind wat die probleem is.

Die passasiers is gevra om af te klim en hulle is later op ‘n ander trein aangestuur na die Folkestone-terminaal in die VK.

Die Eurotunnel-treindiens was weer Woensdagoggend terug na normaal.

Bronne: BBC, DW – South Africa

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: KFC stel privaat speurder aan om vals voedselinspekteur te vang