Ses verdagtes vas oor onwettige vuurwapens

Deel hierdie storie / Share this story

Die polisie in die King Cetshwayo-distrik het tussen 18 en 21 Augustus ‘n totaal van ses verdagtes vir die besit van onwettige vuurwapens en ammunisie in hegtenis geneem.

Konst. Thenjiswa Ngcobo, polisiewoordvoerder, sê die verdagtes tussen die ouderdomme van 28 en 42 is in onderskeidelik Nkandla Richardsbaai, Eshowe, Esikhaleni, Kwa-Mbonambi en Mandlazini in hegtenis geneem.

Een van die verdagtes is van omkopery aangekla na hy ‘n polisiebeampte R1 000 aangebied het om sy vriend los te laat.

Die polisie het volgens konst. Ngcobo agt vuurwapens, 65 rondtes ammunisie en twee selfone gekonfiskeer. ‘n Gesteelde voertuig is ook gekonfiskeer.

Lede van die publiek word gevra om te help om onwettige vuurwapens uit die gemeenskap te verwyder en dit by 08600 10111 aan te meld.