Tydens die voorbereidings vir die Ukungena Esibayeni (die betreding van die kraalseremonie) het ‘n vrou in ‘n wit T-hemp en tradisionele krale die eNCA-onderhoudvoerder se aandag getrek.
Die vrou, Avril of Amelia (soos sy nou bekend staan) het gesê sy wil die eerste wit Zoeloe-koningin word.
Die video van haar onderhoud is wyd versprei en koning Misuzulu het dit glo ook gesien en gedink dis snaaks.
Tydens ‘n onderhoud met die 5 Breakfast-span het Xoli Zondo vir Avril gevra of sy enige koninklike voorvaders het en dis toe sy spot met haar alter ego Amelia Mariekie van Riebeek wat ‘n “afstammeling van koningin Elizabeth is”.
Your first white Zulu wife 🤣#eNCA #InkosiEsibayeni #Nongoma Siphamandla Goge #VukaAfrica pic.twitter.com/cB4kte54k2
— Vuka_Africa (@Thisthat_Acadmy) August 20, 2022
Bronne: IOL, IHarere, The World News, Twitter
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.
Lees ook: KFC stel privaat speurder aan om vals voedselinspekteur te vang



