‘n Man (23) sal vandag in die Nebo-landdroshof verskyn na hy vir die vermeende moord op sy 17-jarige meisie in hegtenis geneem is.
Lt.-kol. Mamphaswa Seabi, polisiewoordvoerder, sê die 17-jarige meisie is Saterdagaand omstreeks 19:00 vermoor.
Die polisie het inligting ontvang oor die verdagte wat glo saam met die slagoffer huis toe geloop het. Sy het ‘n oproep ontvang en die verdagte het haar glo daarvan beskuldig dat sy hom verkul. Hy het haar glo met klippe doodgegooi.
Die polisie is na die toneel ontbied waar die vrou op die grond gelê het.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



