Inwoners gewaarsku teen groep gewapende verdagtes

Deel hierdie storie / Share this story

Inwoners van KwaZulu-Natal word gewaarsku teen ‘n groep verdagtes wat rylopers in die area beroof.

Konst. Thenjiswa Ngcobo, polisiewoordvoerder, sê die gewapende groep verdagtes teiken rylopers en vragmotorbestuurders.

“Hulle modus operandi is om slagoffers te ontvoer en na ‘n afgeleë area te neem, waar hulle met ‘n wapen van hulle besittings beroof word.”

‘n Paar van die voorvalle is in Harding en Kokstad aangemeld.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel