‘n 8-jarige Britse seun, Finley Downer, is deur drie verskillende haaie aangeval tydens ‘n gesinsvakansie in die Bahamas.
Finley en sy gesin het saam met skeurtandhaaie gaan swem toe drie haaie skielik albei sy bene gebyt het.
Finley is na ‘n hospital in Nassau gevlieg waar daar vir drie ure op hom geopereer is.
Die toergidsoperateur, Exuma Escapes, beweer die gesin was sonder ‘n gids toe hulle besluit het om saam met die haaie te gaan swem en dat skeurtandhaaie nie aggressief is tensy hulle verkeerd behandel word nie.
Bronne: Daily Mail, The Guardian
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



