Polisiesersant vier #Vrouemaand deur Comrades te hardloop

Deel hierdie storie / Share this story

Sers. Bethanie Mulaudzi sal Sondag 28 Augustus 2022 die Comrades-marathon van 90 km aandurf. Sy is een van die ongeveer 16 000 atlete wat die 95ste Comrades gaan hardloop. Sy is ook een van agttien vroue van die polisie wat gaan deelneem.

Sers. Mulaudzi,wat by die Beskermings- en Veiligheidsdienste werk, het groot ambisies vir haar eerste Comrades-marathon.

Hoewel sy erken sy is senuweeagtig om ‘n uitmergelende 90 km van Pietermaritzburg na Durban te hardloop, sê sy sy sien uit na die ervaring. Sy het haarself voldoende voorberei vir wat voorlê, en het onlangs haar laaste lang oefenlopie van 70 kilometer ter voorbereiding vir die Comrades voltooi.

Sers. Mulaudzi werk ‘n 12 uur skof en studeer ook tussenin, maar sy maak steeds tyd om te oefen. “As iets vir jou belangrik is, sal jy tyd daarvoor maak,” vertel sy geesdriftig.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel