
Timothée Chalamet, 26-jarige Amerikaanse akteur, het tydens die première van sy nuutste film Bones And All by die 79ste Veniesiese filmfees op die rooi tapyt uitgestap met ‘n bloedrooi ooprug uitrusting wat die internet op horings geneem het.
Dié uitrusting, soos voriges, is deur ‘n vriend van Chalamet, Haider Ackermann, ontwerp.
Die akteur spog met nominasies by die Academy Awards, twee Golden Globe Awards en drie BAFTA-filmtoekennings.
Films waarin hy binnekort gaan verskyn, is Wonka en Dune 2. Die akteur se deurbraakrol was as Elio in Call Me by Your Name.


Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



