Gqeberha se R500 miljoen Boardwalk Mall open eersdaags

Deel hierdie storie / Share this story

Besoek jy binnekort Gqeberha in die Oos-Kaap? Dan sal jy bly wees om te hoor dat Boardwalk Mall, ‘n R500 miljoen ontwikkeling, op 22 September 2022 vir kopers sal oopmaak.

Besoek die Boardwalk Mall Facebook-blad om meer te wete te kom van die winkels en aktiwiteite wat in hierdie nuwe kopersparadys aangebied word.

Die winkelsentrum beskik oor 92 winkels, en volgens BusinessTech het 30 daarvan reeds gedurende ‘n eerste fase in Maart 2022 oopgemaak.

Die nuwe ontwikkelingsprojek van 24 000 vierkante meter is rondom Boardwalk Precinct, wat deel uitmaak van die casino en Entertainment World wat in Somerstrand, Nelson Mandelabaai uitgebrei en opgegradeer is.

Die winkelsentrum het die eerste Checkers-, Woolworths Food- en Dis-Chem-winkels van die area, maar vir die ernstige koper word dit deur ‘n Pick n Pay, Clicks, en die nuutste BBP-bioskoopopgradering van NuMetro aangevul.

Die mall het ‘n oop arena van 2 500 m², asook ‘n multifunksionele geleentheidsarena met ‘n grootskerm, fontein, en restaurante wat op ‘n plein uitloop, ‘n verskeidenheid koffiewinkels en ‘n speelarea vir kinders.

“Die visie vir Boardwalk Mall is gebou op die aanbieding van wêreldklas gerief en vermaak aan die Somerstrand-streek,” het Paul Gerard, besturende direkteur van Flanagan & Gerard, gesê.

Die projek is deur die pandemie vertraag, maar kon in verskeie fases gedurende die eerste gedeelte van 2021 hervat word, en nader nou sy voltooiing met die definitiewe openingsdatum.

Hiedie is nie net ‘n “koop tot jy omval”-ervaring wat geskep is nie. Tydens die konstruksiefase is meer as 1 300 werkers in diens geneem en plaaslike subkontrakteurs is vir 80% van die projek gebruik.

Parkering is geen probleem nie. Daar is ‘n taxi-af- en oplaaisone en die mall spog met meer as 1 000 openbare parkeerruimtes en toegewysde huurderparkeerplekke.

Bron: BUSSINESSTECH

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel