‘n Gekaapte voertuig is Donderdagoggend in Nelsville in Mbombela na die polisie se flink optrede teruggekry.
Brig. Selvy Mohlala, polisiewoordvoerder, sê ‘n 34-jarige Mosambiekse verdagte is in hegtenis geneem na hy glo in die besit van ‘n gekaapte Mercedes Benz GLC betrap is.
Die verdagte is vasgekeer na hy aanvanklik ontken het dat hy enigiets van die voertuig weet. Hy is ook in die besit van die gekaapte slagoffer se besittings gevind.
Die verdagte verskyn vandag in die hof.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



