Jan Braai se mushroom-braaibroodjie

Deel hierdie storie / Share this story

Dis naweek en dis tyd vir braai. En wat is ‘n braai sonder braaibroodjies?

Ons almal is gewoond aan die tradisionele braaibroodjie met kaas, tamatie en uie, maar probeer gerus die naweek Jan Braai se sampioenbraaibroodjie!

Bestandele

1 tot olyfolie
500 g Denny-sampioene van jou keuse (ons het Portabello en wit knopiesampioene gebruik)
2 knoffelhuisies, fyngedruk
varsgemaalde swartpeper
1 bakkie (250 g) volvet roomkaas
1 blok (240/300 g) sterk cheddarkaas, gerasper
16 snye wit roosterbrood
botter om op die brood te smeer

Metode

  1. Kap die sampioene grof. Verhit die olie in ‘n pan op die vuur. Braai die sampioene tot sag, voeg die knoffel en soetrissie by en braai vir nog ‘n minuut.
  2. Smeer die snye brood aan die buitekant. Smeer nou 8 snye aan die binnekant met ‘n ruim porsie roomkaas.
  3. Bedek die roomkaas met die sampioene en dan met die gerasperde kaas. Bedek met nog ‘n sny brood.
  4. Plaas die braaibroodjies in ‘n skarnierrooster en braai oor matige kole. Draai gereeld om om seker te maak die kaas smelt en die buitekant is lekker gerooster.
  5. Bedien dadelik

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel