Oorsaak van Enyobeni-slagoffers se dood ‘bekend’

Deel hierdie storie / Share this story

Die oorsaak van die verskriklike dood van 21 jongmense by ‘n taverne in die Oos-Kaap vroeër die jaar, is uiteindelik “bekendgemaak”.

Die departement van gesondheid in die Oos-Kaap het Donderdagoggend die mediese verslae aan die slagoffers se ouers bekendgemaak.

eNCA het met een van die slagoffers, Esinako Sanarhana (17) se pa gepraat. Dié het aan eNCA bevestig die jongmense is dood na hulle in die oorvol kuierplek versmoor het.

Sanarhana se pa sê egter dat hy nie glo dat dit is hoe sy kind oorlede is nie. Hy sê daar is sommige van die oorledenes wat ‘n entjie weg van die taverne dood is en dat hy daarom nie glo dat hulle weens versmoring dood is nie.

Die dokument is nog nie aan die publiek bekendgemaak nie.

Die 21 jongmense is op 26 Junie vanjaar dood in die kuierplek in die Oos-Kaap gekry.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel