‘n Ongeluk op die I-55-hoofweg in Memphis, VSA, het motoriste in ‘n kaserige pastasous-nagmerrie gedompel.
‘n Trok met honderde bottels Alfredo-pastasous was in ‘n ongeluk betrokke wat veroorsaak het dat die bottels gebreek het en die padoppervlak met die taai sous bedek het.
Volgens ‘n joernalis van Fox het die kaassous eers heel aptytlik geruik, maar dit is somer daar en gou het die aangename reuk weens die bakkende son in ‘n onwelriekende ervaring verander.
Die trokbestuurder is met ligte beserings na ‘n nabygeleë hospitaal geneem.
You can smell it! Memphis police confirm a tractor-trailer carrying Alfredo sauce spilled on I-55 near Riverside Boulevard. @FOX13Memphis pic.twitter.com/VTPVQ8YjYC
— Kate Bieri (@KateBieri) August 30, 2022
Bronne: Business Insider, Translogistics, Twitter
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



