Die Bittereinders sal vanaand om 20:00 ‘n regsfonds open om Steve Hofmeyr in sy saak teen die MRK te ondersteun.
Devon Hofmeyr, Steve se seun, sê sulke tipe sake is ‘n reuse- finansiële berg wat voor enige man of vrou staan. “En dit word aspris so uiteengesit deur die MRK om te verseker dat jy teen die einde van die dag, al het jy die saak gewen, op jou knieë is.”
Devon sê die regsfonds sal deur JJ Kruger and Partners bestuur word.
‘n Plasing met besonderhede sal vanaand bekendgemaak word.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



