Oscar Pistorius is van plan om hom tot die hooggeregshof te wend om op parool vrygelaat te word, aangesien hy volgens sy regspan reeds meer as die helfte van sy vonnis vir die moord op Reeva Steenkamp uitgedien het.
Pistorius het Steenkamp in 2013 deur ‘n toe deur doodgeskiet nadat hy haar vir ‘n inbreker aangesien het.
Hy wil hê die Gautengse hooggeregshof moet die gevangenis se paroolkomitee opdrag gee om vir hom ‘n paroolverhoor te reël en dat dit binne 30 dae moet gebeur van wanneer die bevel gegee is.
Bronne: BBC, The Times, Yahoo
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.
Lees ook: Lamskerrie – resep



