Stiefpa 100 jaar tronkstraf vir verkragting opgelê

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Man is Maandag tot 100 jaar tronkstraf gevonnis vir die verkragting van sy 15-jarige stiefdogter.

Lt.kol. Nqobile Gwala, polisiewoordvoerder, sê die eerste voorval het in Augustus 2021 plaasgevind.

Hy het haar verskeie kere daarna ook verkrag, tot sy uiteindelik haar ma daarvan vertel het. Haar ma het dit by die polisie rapporteer en die man is op 24 Augustus verlede jaar in hegtenis geneem.

Hy is skuldig bevind aan vier klagte van verkragting en is 25 jaar vir elke aanklag opgelê.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel