Die Wêreldgesondheidsorganisasie het gesê die oordrag van aappokke tussen mense kan in Europa uitgeskakel word.
Die WHO-streeksdirekteur van Europa, dr. Hans Kluge, het gesê nuwe gevalle van aappokke neem af.
Hy het gesê die plan om aappokke uit te skakel, sluit in om meer toesigmaatreëls toe te pas, geteikende inenting te handhaaf en kontakgevalle te identifiseer.
Hulle beveel ook aan dat die manlike homoseksuele gemeenskap, onder wie die virus tot nou hoofsaaklik gesirkuleer het, om “‘n omgewing vry van stigma en diskriminasie” te bevorder.
Bronne: Euro News, Business Today
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.
Lees ook: ‘Ek sal die suurstofmasjien van ‘n buitelander afsit om ‘n Suid-Afrikaner te red’ – Gayton McKenzie



