Beskuit is so eg en tradisioneel soos bobotie, biltong en braavleis!
Probeer gerus hierdie resep.
Bestanddele:
6 k bruismeel
4 k All Bran
2 k bruinsuiker
2 t sout
1 t bakpoeier
500 g margarien (Stork Bake) gesmelt in die mikrogolf
2 k karringmelk
200 ml olie
1 k rosyne
Metode
Meng die droë bestandele goed saam.
Voeg dan die margarien, karringmelk, olie en rosyne by en meng goed deur.
Druk in ‘n beskuitpan van 33 x 45 cm.
Druk beskuitvingers met ‘n beskuitdrukker. (Of sny self individuele beskuite wanneer heeltemal afgekoel as jy nie ‘n drukker het nie.)
Bak vir 30 minute by 180 °C.
Laat goed afkoel, sny deur en pak op oondrakke (op die sykante)
Droog uit by 70 °C vir 4 ure.
Onthou, die beskuit moet heeltemal afgekoel wees voor jy dit sny en in die oond pak om uit te droog.
Bron: WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK



