Werker deur eland by Sweedse dierepark deurboor

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Werker is Sondag deur die horings van ‘n groot eland by ‘n dierepark in Swede deurboor.

Die eienaar van die park het vertel dat hy gesien het hoe die werker deur die eland deurboor is toe hulle besig was om die elande na die stalle te lei nadat die park gesluit het.

Die Sweedse polisie het gesê die saak word as ‘n “ongeluk in die werksplek” ondersoek.

Bronne: Euro News, CBS News, The Daily Beast

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Inwoners jag en maak leeu in KZN-gemeenskap dood