Die Boer soek ‘n vrou-paartjie, Johan Lombard en Esmerelda van Wyk, is getroud.

Die paartjie, wat op die 13de seisoen van die werklikheidsreeks ontmoet het, is die naweek op Clarens by die Oranje-gasteplaas op die Lesotho-grens getroud.
Baie van die reeks se deelnemers, onder andere boer Petre Vermeulen en sy meisie, Lourize Koch, wat ook op die reeks ontmoet het, was daar, asook boer Tyson Zunkel en Alri Vorster.
Zunkel en Vorster trou volgens ‘n plasing op Instagram dié naweek. Hulle het in Mei verloof geraak.

Foto: Netwerk24



