‘n Verdagte (45) is op 28 Augustus op die Swartkopfonteingrens in hegtenis geneem na hy vermoedelik kokaïne ter waarde van R2,2 miljoen oor die grens probeer smokkel het.
Kapt. Tlangelani Rikhotso, polisiewoordvoerder, sê ‘n multidissiplinêre span was by die grens met hul gewone take besig toe ‘n taxi van Botswana op pad na Suid-Afrika deursoek is. ‘n Verdagte is glo in die besit van drie sakke kokaïne betrap wat in versteekte kompartemente van sy rugsak weggesteek was.
Die verdagte sal na verwagting in die Lehurutse-landdroshof verskyn.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



