Inwoners jag en maak leeu in KZN-gemeenskap dood

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Leeu, glo een van twee wat in die strate in KwaZulu-Natal geloop het, is Dinsdagoggend deur inwoners van Babanango doodgemaak.

Vroeër die week is ‘n soektog geloods na twee leeus Dinsdag naby die Intibane Lodge en Sweet Home Bush Camp naby Ulundi gesien is.

Dit volg naby twee koeikarkasse die week op Ulundi gekry is.

Die leeus is nie die eerste diere wat ontsnap het nie. Ander leeus, olifante en renosters het ook al ontsnap en ses leeus is in ‘n ander voorval in Julie doodgemaak.

‘n Woordvoerder van Ezemvelo KZN Wildlife het gesê hulle is bewus van die voorval.

Bronne: IOL, East Coast Radio

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: 6 leeus van kant gemaak na hulle minstens 6 koeie in KZN vang