‘n Ondersoek is in Ghana aan die gang nadat ‘n man, wat in die Accra-dieretuin by die leeus se afgesperde area probeer inklim het, deur ‘n leeu verskeur is. Die man het aan sy beserings beswyk.
Natuurlewe-owerhede vermoed dat die man moontlik twee skaars wit leeuwelpies wou steel.
Die man het oor ‘n 10 voet heining geklim om by die dieretuin in te kom en moes toe oor nog ‘n 20 voet heining klim om by die leeus se afgesperde area te kom.
Die polisie het ‘n ondersoek begin om die die man se motief sowel as die omstandighede van die aanval uit te pluis. Die dieretuin is na die gebeure tydelik gesluit.
Bronne: BBC, The Star, ABC News
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



