Sewejarige sedert Sondag vermis

Deel hierdie storie / Share this story

Die sewejarige Lesedi Andile Chiloane is sedert Sondag 28 Augustus vermis. Die polisie doen ‘n beroep op die gemeenskap om te help om hom op te spoor.

Brig. Selvy Mohlala, polisiewoordvoerder, sê Chiloane het Sondag by Chochocho Trust naby Maoyi vermis geraak.

Volgens die polisie se inligting is die seun laas gesien toe hy saam met sy nefie en sy oupa plante in die tuin natgemaak het.

Hy het ‘n grys denimbroek en ‘n grys trui aangehad.

Enigiemand met inligting kan die polisie by 079 420 8842 kontak.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel